icon-newsletter

Vergifnis is moontlik

 

Dit maak nie saak hoe vervreemd mense en gebroke hulle verhouding is nie, vergifnis is altyd steeds moontlik. Ek het dit met met my eie oë gesien! 

Ons was aan die einde van die konferensie, toe ‘n vrou en haar skoondogter na my toe kom en vertel dat hulle vier jaar lank al geweldig vassit. Beide van hulle het hoë mure gebou om hulself te probeer beskerm. Hulle het verseker nie geweet dat die ander een ook na die konferensie sou kom nie, maar God het met beide van hulle ‘n afspraak gehad. 

Na afloop van die sessie waar ek oor vergifnis gepraat het, het albei vroue na die gebedskamer gegaan en daar in mekaar vasgeloop. Jy kan jou net indink hoe geskok hulle was om mekaar daar te sien! Maar hulle het mekaar net daar omhels en gehuil terwyl hulle besef het hoe God persoonlik met altwee van hulle gepraat het. Hulle het mekaar om vergifnis gevra vir die hartseer en die wonde, en in die naam van Jesus Christus mekaar vergewe.

Is daar iemand van jy vervreemd is, ‘n hartsvriendin, dalk ‘n familielid? Net soos daar in Effesiers 4:32 staan herinner ek jou “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”

Seëngroete van ROHSA