icon-newsletter

Vergewe, vergewe, vergewe

 

Hier is Nancy se raad oor die keuse van vergifnis, sy vertel: ‘n Voormalige pastoor wat ek ken, het van die Here af weggedryf en sy vrou vir ‘n ander vrou gelos. Kort daarna is sy vrou met Alzheimer se siekte gediagnoseer. 

Sy het die stadige, vrees aanjaende siekte en ‘n verlies aan vermoëns, in die gesig gestaar sonder die liefdevolle ondersteuning van haar lewensmaat. Vir ‘n buitestaander kan dit lyk of asof sy alle rede vir woede en bitterheid gehad het, maar God het haar bygestaan om dit met vergifnis in haar hart te aanvaar.

Dit was baie duidelik sigbaar, toe sy met serebrale bloeding na die hospitaal gehaas is. Terwyl haar bewussyn in- en uit geglip het, moes haar kinders naby aan haar staan om mooi te kon hoor wat sy nog vir hulle wou sê. Sy het drie keer herhaal: “Vergewe . . . vergewe . . . vergewe.”

Dieselfde God wat hierdie vrou van bitterheid bewaar het, is gereed om jou te help om te vergewe—wat ook al jou situasie is.

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Seëngroete van ROHSA