icon-newsletter

Vergewe ‘n bende 

 

Ek lees van ‘n vrou met die naam Regina wat na bendelede in die tronk uitreik. Hoekom die storie vir my so merkwaardig is, is omdat haar 12 jarige dogtertjie jare gelede a.g.v. ‘n bende se lukrake skietery gesterf het, nadat sy noodlottig deur een van daardie koeëls getref is.

Hoe in die lewe kon Regina motiveer word om daardie mans te wil help? Tien jaar na die moord het sy gesê: “God het my die krag gegee om iets te sê wat ek nooit gedink het ek sou kon sê nie – “Ek vergewe”. Dit klink onmoontlik, nie waar nie? Maar die Skrif sê: “Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe” (Kolossense 3:13).

Is daar iemand wie jy moet vergewe? Dink jy nie ook dat as Regina dit kon regkry om daardie bendelede te vergewe en as God jou sonde kon vergewe, jy ook jou oortreder kan laat gaan nie? 

Wat gaan jy vandag kies om te doen, gaan jy die keuse maak om hier en nou te vergewe? Moet asb nie een dag langer aan daardie haat vas hou nie.

Seëngroete van ROHSA