Het jou ma ook vir jou goed gesê wat jou bitter seer gemaak het? Ek het myself belowe dat as ek eendag kinders het, ek nooit so gaan optree nie. Maar nou moet ek belei dat ek met my eie stem my ma se optrede herhaal.
Wanneer ons nie die wonde uit ons verlede verwerk en God toelaat om dit te genees nie, is ons geneig om dit aan die volgende generasie oor te dra.
Dit is waarom dit so belangrik is om Effesiërs 4:31 ernstig op te neem: “Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie”. Die volgende vers vertel ons hoe om dit reg te kry: “Vergewe mekaar, soos God julle vergewe het.”
Dra jy nog seerkry en wonde uit jou verlede saam? Maak tyd en skryf daardie lysie name neer van die mense wat jou al seer gemaak het. Die belangrikste is om dan daardie seerkry aan God oor te gee, en dan die keuse te maak om te vergewe. Jy gaan dan verseker iets baie beter aan jou nageslag oordra.
Seëngroete van ROHSA