icon-newsletter

Vasbeslote om rein te wees

 

Bevind jy jouself soms ook by ‘n kruispad, waar jy wik en weeg oor ‘n besluit. Jy wil die besluit neem, maar jy is nie seker wat in hierdie geval reg of verkeerd gaan wees nie. Jy het ‘n vraagteken in jou gemoed en jy is nie seker wat God se antwoord is nie.
Jonathan Edwards het dit vir homself so uit gemaak – As ek enigsens twyfel in my gemoed het of dit vir God aanvaarbaar is, dan stop ek dadelik.
Baie mense probeer deesdae kyk hoe naby ons aan sonde kan kom, sonder om in ernstige moeilikheid te beland. Sou ons nie beter af wees om eerder so naby as moontlik aan reinheid te bly as wat ons kan nie?
Romeine 14:23 Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde.
Indien jy enigsens twyfel of God iets goedkeur, waarom wil jy dit dan nogsteeds deurvoer?
Seëngroete van ROHSA