icon-newsletter

Twintig sent op ‘n slag

 

Ons dink om alles vir God te gee, is soos om ‘n R200 noot op die tafel neer te sit en te sê: “Hier is my lewe Here. Ek gee my alles.” Maar die realiteit vir die meeste van ons is dat God ons bank toe stuur en vra dat die R200 se kleingeld in sente omgeruil word. Ons gaan dwars deur ons lewe hier ‘n twintig sent uit gee en daar weer ‘n vyftig sent.

Wat beteken dit om twintig sent op ‘n slag op te offer? Wel, God vra dalk van jou om die volgende halfuur op te offer om jou skoonma, wie soms baie negatief kan wees, te bel. Dalk om met jou tieners te gesels oor hulle belangstellings, of om ‘n goeie nag se rus op te offer om na ‘n siek kind om te sien. 

Dit voel dalk vir jou of jou dag so dood gewoon is en dat niks wat jy doen eintlik saak maak nie. Moenie vergeet dat elke twintig sent se opoffering betekenisvol is in God se ekonomie nie.

Titus 3:8 uit Die Boodskap: “Wat ek nou vir jou gesê het, is die waarheid. Ek wil hê jy moet dit met groot oortuiging vir die gelowiges gaan oorvertel. Hulle moet mooi begryp wat God alles vir ons gedoen het. Dit sal hulle aanspoor om reg te leef. As hulle hierdie goeie nuus verstaan, sal hulle goeie dinge vir ander mense doen. Hulle sal ander begin dien en op die hande dra. 

Seëngroete van ROHSA