icon-newsletter

Twee verlore seuns

 

Jesus het ‘n verhaal vertel wat ons die Gelykenis van die Verlore Seun noem. Maar besef jy dat daar eintlik twee verlore seuns in daardie storie is?

Een seun het die huis verlaat en sy geld op ‘n wilde leefstyl vermors. Die ander seun het saam met sy pa by die huis gebly, sy pligte nagekom en hard gewerk. Raai bietjie watter seun se voorbeeld wil Jesus hê moet ons volg? Glo dit of nie, maar dit is die verlore seun. Nadat hy teen sy pa rebelleer het, het hy teruggekeer huistoe met ‘n berouvolle, nederige hart.

Aan die ander kant, het die ander seun se perfekte uiterlike eintlik ‘n donker kankeragtige woede en afguns versteek – hierdie negatiewe gevoelens is aangevuur deur onvervulde en weggesteekte verwagtinge. 

Ongelukkig is ons self dikwels soos die ouer seun. Uiterlik volg ons al die reëls. Maar innerlik begeer ons erkenning en dink ons dat harde werk ons voor God kan regverdig.

Ons moet hierdie sonde vinnig identifiseer sodat ons soos die verlore seun kan sê “Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor U.” Lukas 15:21

Seëngroete van ROHSA