icon-newsletter

Twee redes vir lofprysing 

Kom ek vra jou: Waarom dink jy is jy geskape?
• Om die wêreld ‘n beter plek te maak?
• Om te ontdek, en te bewonder, dalk om die wêreld te sien?
• Of om ander te help, veral mense wat swaarkry?
Wonder jy ook soms wat jou eintlike doel op hierdie aarde is?

Ek sal jou vertel – ons is gemaak om God lief te hê. Daarom prys ons Hom – omdat ons geskape is om dit te doen.

Daar is nog ‘n rede waarom ons God moet loof. Lofprysing is die hoof aktiwiteit in die hemel. Die apostel Johannes het ‘n visioen van die hemel gesien. Hy vertel in Openbaring 4 en 5, hy sien meer as 100 miljoen engele wat ‘n voltydse verantwoordelikheid het – dit is om die Een wat op die troon sit, en die Lam wat aan sy regterhand sit, te aanbid.
Wanneer ons die Here loof, is dit soos ‘n kleedrepetisie vir dit wat ons tot in ‘n ewigheid in die hemel gaan doen.

Hoeveel oefening kry jy vir daardie ewige “hemelse konsert”? Doen jy dit waarvoor jy geskape is, prys jy God?

Seëngroete van ROHSA