Daar is geweldig baie krag in twee klein woordjies: ”Ja Here”.
Nancy getuig toe sy die uitdaging ontvang het om ‘n radio program vir vrouens te begin, sy persoonlik baie besware gehad. Sy het reeds vir twintig jaar rond getoer in haar bediening, en was reg om dinge bietjie rustiger te vat. Sy het egter as klein dogtertjie reeds geweet haar lewe is nie haar eie nie. Dit het aan God behoort. Sy het uiteindelik gesê, “Ja Here”.
God het haar geloof gegee dat Hy haar met hierdie nuwe roeping sou help, al het sy op daardie stadium gevoel dat sy ver te kort skiet. Minder as ‘n jaar later was die radio program Revive our Hearts op die lug gewees.
1 Samuel 3:10 “Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: Samuel, Samuel!” Samuel het geantwoord: “Ja, Here, U dienaar luister.”
God se roeping op jou lewe sal anders as Nancy s’n lyk. Maar ongeag die detail, is al wat God verwag dat ons voor Hom sal buig en eenvoudig “Ja Here” sal sê. Wat weerhou jou daarvan om daardie woorde vandag vir Hom te sê nie?
Seëngroete van ROHSA