Die Bybel vertel ons van twee konings van Israel, wie beide gesondig het en God het albei van hulle daaroor gekonfronteer. Interessant, hulle reaksies daarop was baie verskillend.
Die eerste was koning Saul. God het hom beveel om ‘n klomp diere dood te maak, maar hy het nie. Die ander koning, Dawid, het owerspel gepleeg met sy buurman se vrou en toe die buurman laat vermoor. Dawid se sonde lyk vir ons baie erger, maar die Bybel noem hom “ ‘n man na God se hart”. Wat het die verskil gemaak? Dit was hulle reaksie toe hulle met hulle sonde gekonfronteer is.
Saul het sy gedrag verdedig en probeer regverdig om homself te verskoon. Toe hy uiteindelik sy ongehoorsaamheid erken het, wou hy nie gehad het ander moet daarvan weet nie. Dawid aan die ander kant, het nederig bely en berou gehad oor sy sonde. Ons lees alles hiervan in Psalm 32 en Psalm 51.
Jakobus 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”
Die volgende keer waanneer jy bewus word van ‘n sonde in jou lewe, kan jy soos Saul jouself probeer beskerm. Of jy kan die weg van gebokenheid en nederigheid soos Dawid kies – die man na God se hart.
Seëngroete van ROHSA