icon-newsletter

Twee gebede 

Jesus het eenkeer ‘n storie vertel oor twee mans wat baie verskillende gebede gehad het. Jy kan dit lees in Lukas 18 vanaf vers 11.

Die eerste een het meestal in homself belanggestel. “God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie—afpersers, onregverdiges, egbrekers, of selfs soos hierdie tollenaar.” Sy trots het hom blind gemaak vir die toestand van sy eie hart.

Die ander man—’n veragte tollenaar—het eenvoudig in nederigheid uitgeroep.
“God, wees my, sondaar, asseblief genadig.” Hierdie man het nie probeer om homself te regverdig nie. Hy het eerder erken dat sy enigste hoop God se genade is.

Jesus het net voor dit die verhaal van Lukas 14 afgesluit deur te sê: “Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” (Vers 11).
Wil jy werklik met God in verbinding tree wanneer jy bid? Onthou dan dat God nader kom vir diegene wat ‘n nederige, gebroke gees het.

 

Seëngroete van ROHSA