icon-newsletter

Trots teenoor nederig

Die manier waarop ons reageer oor sonde in ons lewe, kan ons help om te sien of ons ‘n trotse persoon of ‘n nederige persoon is. Trotse mense probeer gewoonlik hulle sonde toesmeer.

‘n Trotse persoon sal sê: “Luister, wat die aandeelhouers nie weet nie, sal hulle nie seermaak nie!” Nederige mense is bereid dat hulle dade blootgestel word omdat hulle niks het om weg te steek nie.

Trotse mense sukkel om te sê: “Ek was verkeerd; sal jy my asseblief vergewe?” ” ‘n Nederige persoon sal sê: “Ek het opgemors. Kan ons asseblief daaroor praat?”

Nederige mense erken vinnig hul mislukking. Trotse mense is meer bekommerd oor die gevolge van hul sonde.  Maar nederige mense het ‘n berouvolle hart, hulle is meer bekommerd oor hoe hulle sonde God bedroef het. Psalm 51:4 Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde. Vers 6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë.’

Daar is goeie nuus vir elke trotse persoon. Sodra jy bereid is om jouself aan God se heerskappy te onderwerp, en nederig aan Sy Woord gehoorsaam te wees, sal God Sy genade in jou lewe uitstort.

Seëngroete van ROHSA