icon-newsletter

Trots teenoor nederig (Vervang die geskeduleerde opname)

Die manier waarop ons reageer oor sonde in ons lewe, kan ons help om te sien of ons ‘n trotse persoon of ‘n nederige persoon is.

Trotse mense probeer gewoonlik hulle sonde toesmeer. ‘n Trotse persoon sal iets sê soos: “Nee wat, wat die aandeelhouers nie weet nie, sal hulle nie seermaak nie!” Nederige mense is bereid dat hulle dade blootgestel word omdat hulle niks het om weg te steek nie.

Trotse mense sukkel om te sê: “Ek was verkeerd; sal jy my asseblief vergewe?”
‘n Nederige persoon sal sê: “Ek het opgemors. Kan ons asseblief hieroor praat?”

Nederige mense erken vinnig hul mislukking. Trotse mense is gewoonlik paniekerig oor die gevolge van hul erkenning van sonde. Terwyl nederige mense ‘n berouvolle hart het, hulle is meer bekommerd oor hoe hulle sonde God bedroef het. Psalm 51:4 “Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde.” Vers 6: “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë.”

Daar is goeie nuus vir elkeen wat besef daar is trotse persoon in haar of hom. Sodra jy bereid is om jouself aan God se heerskappy te onderwerp, en nederig aan Sy Woord gehoorsaam te wees, sal God Sy genade in jou lewe uitstort.

 

Seëngroete van ROHSA