Voel jy ooit dat jy net gedaan en dood moeg is? Soveel so dat jy nie eens die krag het om selfs ietsie kleins te doen nie?
Ek was een keer absoluut fisies en emosioneel uitgeput en nog in die middel van ‘n uitmergelende seisoen van bediening. Ek moes toe juis gereed gemaak om op nog ‘n toer te gaan.
Op ‘n stadium het ek net in ‘n stoel inmekaargesak en begin snik soos ek huil. Ek kon seker probeer het om myself reg te ruk, ‘n front voor te hou; en op een of ander manier die krag bymekaar skraap om aan te gaan.
Maar ek het daar en dan geweet, indien ek nie in gee vir my weerloosheid nie, ek God se genade en konkrete teenwoordigheid vir daardie oomblik sou verbeur. Daarom het ek soos die apostel Paulus gekies om te sê ”ek sal baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.”
Indien jy jouself in so ‘n situasie bevind, sal jy jouself nog meer kwesbaar maak en jou nood erken? Roep net daar waar jy nou is tot God vir Sy genade.
Seëngroete van ROHSA