icon-newsletter

Toewyding 

 

Sê jy nog die gebede op wat jou ma jou van kindsbeen af geleer het? Hou jy regtig daarvan om tyd saam met God deur te bring, asof Hy ‘n regte vriend is? Hoe ver strek jou toewyding aan God, is dit ‘n godsdienstige taak wat jy getrou afhandel? Bybelstukkie gelees, gebid en daar gaan jy? 

Die woordeboek sê toewyding is liefde, lojaliteit en entoesiasme vir ‘n persoon of aktiwiteit. Daar is ‘n groot verskil tussen tyds- of aktiwiteits toewyding en om toegewyd te wees.

“Toegewyd wees” gaan baie dieper. Dit gaan oor die kweek van ‘n verhouding met God. Die soort verhouding waarvoor Hy ons geskape het. Die soort verhouding wat Christus aan die kruis moontlik gemaak het. Dit gaan oor daardie soort intimiteit wat Dawid na verlang het, soos dit in Psalm 63 uitroep: “O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.”

Niks in hierdie lewe is belangriker as om ernstig ‘n verhouding met God na te streef nie. Het jy net toewydings tydjies elke dag, of is jou hele wese entoesiasties-lojaal-liefdevol toegewyd aan God?

Seëngroete van ROHSA