icon-newsletter

Toestemming aan God om te herbou

 

In Nancy se gemeenskap was ‘n gesin wat geweldige asemhalingsprobleme gehad het. Na ondersoek is ‘n toksiese swam in hulle huis gevind, wat so erg versprei het dat dit nie uitgeroei kon word nie. Hulle moes toe hulle huis tot op die fondasie afbreek, en weer herbou.

Hierdie swam wat in die familie se huis versprei het, kan vergelyk word met die inpak wat sonde op ons lewens het; dit besoedel ons hele wese. Om onsself van sonde te reinig kan ons net een ding doen, en dit is om ons sondige natuur te laat afsterf. 

In Kollosense 3: 5&8 word ons vermaan om aan sondes soos losbandigheid, woede en godslastering ‘n einde te maak. Om van sonde weg te draai, is soos om die besmette huis af te breek.

Hierdie sondes moet vervang word deur kwaliteite wat ons in Christus herken: soos bv eerlikheid, nederigheid, empatie, vriendelikheid en geduld. Met hierdie boustene kan God ons huis herbou, vry van al die ou toksiese sondes.

Seëngroete van ROHSA