Ons dink nie altyd aan die manier waarop ons optrede ander kan raak nie. Ek wonder, het Adam destyds aan my en jou gedink? Het hy enige idee gehad van die rippel effek en hoe die gevolge van sy sonde deur die geskiedenis sou uit speel? Ons ongehoorsaamheid, selfs in die kleine, kan ander beïnvloed op maniere wat ons nie kan voorsien nie.
Ek moet dit ook onthou wanneer ek in die versoeking kom om my vlees die oorhand te gee – selfs met te veel slaap of ooreet. Dit sluit ook in om nie met harde kras woorde uiting te gee aan my eie seerkry emosies nie.
Persoonlik help dit my om vir ‘n oomblik terug te tree, en gou te dink aan die mense wat na my lewe, as ‘n voorbeeld, kyk.
Jesus het gesê: “Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid. Net soos U My in die wêreld ingestuur het, so het Ek ook hulle in die wêreld ingestuur. En ter wille van hulle heilig Ek Myself, sodat hulle ook deur die waarheid geheilig kan wees.” Johannes 14:17-19
Wanneer jy vandag in die versoeking kom om selfgesentreerd te wees, onthou dat ons die pad van heiligheid moet kies, afgesonder vir God—nie net ter wille van God en ons eie onthalwe nie; maar ook ter wille van ander.
Seëngroete van ROHSA