icon-newsletter

Tel die sterre 

Wanneer God jou roep om iets te doen, voorsien Hy alles wat nodig is om dit gedoen te kry. God het vir Abram gesê dat hy ‘n seun sou hê. Die probleem was dat Abram en Sara tot op daardie stadium onvrugbaar was.

In sy eie vermoë, het Abram planne probeer bedink om God te help, om die belofte in vervulling te laat kom. Uiteindelik het God Abram uitgeneem in ‘n pragtige ster verligte nag. Hy wou hê Abram moes besef hoe ontsaglik magtig Hy is. Daar lees ons in vers 5 “Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan. Verder sê die Here vir hom: ‘So baie sal jou nageslag wees.’” Die Bybel sê Abram se reaksie was eenvoudig: “Abram het God geglo.”

Waartoe het God jou geroep? In plaas daarvan om te soek na maniere waarop jy dit in jou eie krag moet vervul, fokus op God se vermoë. As Hy elke ster in die hemelruim kan plaas, het Hy sekerlik die mag om te bewerkstellig wat Hy jou ook al geroep het om te doen.

 

Seëngroete van ROHSA