icon-newsletter

Teken dit aan 

Wanneer jy van iets oortuig word terwyl jy die Bybel lees, onthou jy om dit op te volg in praktyk, of vergeet jy daarvan sodra jy jou Bybel toemaak? Aanvanklik tref dit mens regtig, en dan in alle eerlikheid het jy binne ‘n paar dae totaal en al daarvan vergeet.

Een ding wat ek nuttig gevind het, is om ‘n joernaal by my te hou en die dinge neer te skryf wat God vir my deur Sy Woord uitwys. Om ons bewuswordinge en antwoorde aan te teken, kan ons help om verby die blokasie te kom – om nie net hoorders van die Woord te wees en werklik iets daaromtrent te doen.

In Nehemia 9 lees ons “Die nakomelinge van Israel het hulleself afgeskei van alle nie-Israeliete en toe hulle plekke ingeneem en belydenis gedoen van hulle sonde en van die oortredings van hulle voorvaders. ‘Hulle het op hulle plekke bly staan en het ‘n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog ‘n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig.” Hulle gebed sluit af met: ” Daarom gaan ons ‘n skriftelike onderneming aan.”

Volgende keer wanneer jy gaan sit om die Bybel te lees, onthou om jou notaboek en pen byderhand te hê en skryf neer wat God vir jou sê.

Seëngroete van ROHSA