Voordat ons kan dink aan ‘n herlewing, moet ons onsself eers die vraag afvra of dit werklik ‘n behoefte by ons is.
Ons lees in die Woord dat koning Dawid byna ‘n jaar lank met God gestoei het na sy buite egtelike verhouding. Sy siel het alles moontlik gedoen om die sonde toe te smeer. Hoor net die emosionele en fisiese druk wat hy ervaar het. Psalm 32: 3 Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun. Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte.
Ervaar jy ook soveel druk op jou? God se Woord het ook vir ons die antwoord. Vers 5: Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en dan die uitkoms: “en U het my skuld vergewe.”
Ons kan nie van God af weggkom nie; ervaar jy die swaar hand van God in jou lewe? God se Woord verseker ons, ons kan ‘n herlewing en vryheid beleef!
Seëngroete van ROHSA