icon-newsletter

Sy meesterstuk 

 

Baie mense val vir die leuen wat sê: “Jy is niks werd nie.” Daardie misleiding word aangevuur deur die roekelose en onverskillige woorde van ander.

Het iemand al ooit vir jou gesê dat jy eerder nooit gebore moes wees nie. Is jou eie oortuiging en gedagtes dat jou lewe waardeloos is?

Iemand het dalk al ‘n opmerking gemaak wat jou waardeloos laat voel het. Toe dit gebeur, was dit soos ‘n dwase persoon wat ‘n pragtige skildery weggooi het omdat sy nie die waarde daarvan herken het nie. Maar stel jou voor ‘n kunsversamelaar vind die ongewenste skildery en herwaardeer dit, Hy bewonder dit so, Hy bewaar die meesterstuk persoonlik. Dit is wat God vir jou gedoen het.

Efesiërs 1:4 sê “Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe.” Toe God sy Seun gestuur het om vir jou sonde te sterf, het Hy aan jou ewige waarde gegee. Jy is Sy meesterstuk wat vir Hom van onskatbare waarde is.

Seëngroete van ROHSA