icon-newsletter

Sy het hom gevang 

 

Meisies en vroue word deesdae aangemoedig om die inisieërders te wees in hul  verhoudings met mans. So baie mans en vroue het nog nooit die wonder van God se skeppingsplan geleer nie. Waar mans onder andere geskep is om primêr verantwoordelik te wees om te inisieer en vrouens om te kan reageer. Die moderne opinie is dat indien meisies vir ouens moes wag om hulle uit te vra, meisies vir ewig sou moes wag.

Spreuke 7 skets vir ons ‘n prentjie van ‘n dwase vrou wat ‘n jong man vang. Dit sê in vers 13 “Sy het by die jong man gekom en hom omhels. Ewe skaamteloos sê sy vir hom…” Dit sê vir ons dat sy eintlik ‘n astrante houding gehad het toe sy met hom gepraat het. Hierdie vrou het haarself op die jong man gewerp, fisies en verbaal.

Ek dink baie vroue doen deesdae steeds presies dieselfde. Hulle het dalk nie onsedelike bedoelings soos hierdie vrou in Spreuke 7 nie, maar hulle toon in onkunde, ‘n gebrek aan geestelike onderskeiding.

As vroue, kom ons God vra om vir ons die mooi te wys, en die vrede te gee wat voortspruit deur in die korrekte posisie vir ‘n gesonde Goddelike verhouding te wees.

Seëngroete van ROHSA