icon-newsletter

Sukses a.g.v. die aand tevore 

 

Hierdie week het weer begin met die beste voornemens – ek gaan vroeg opstaan om my Bybel te lees en genoeg tyd hê om te bid. Ek sê dit elke week, vandag is Dindag en ek het al klaar weer nie daarby uitgekom nie.

Nancy het vir ons wyse raad, sy het ‘n belangrike les geleer vir haar oggend stiltetyd – dit begin al die aand tevore. Ons keuses van die vorige aand, sal ‘n inpak hê op ons tyd met God die volgende oggend.

Sy getuig, een rede waarom my pa konsekwent, jaar in en jaar uit elke dag sy eerste uur saam met die Here spandeer het, is dat hy gedissiplineerd was om die vorige aand betyds in die bed te kom. Ons kinders lag wanneer ons terug dink het aan die kere wat hy vir gaste gesê het: “Goeie nag, julle! Maak seker dat julle die deur sluit en die ligte afskakel  wanneer julle vertrek.” Hy was nie onversetlik of kwaai nie, hy wou net nie die belangrikste afspraak van sy dag mis nie.

Psalm 143:8 Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange.

Seëngroete van ROHSA