Dit wil vir my voorkom, hoe ouer ek word, hoe meer word ek gebombardeer met advertensies. Nie enige advertensies nie, dis spesifiek gemik op produkte wat jou vel se elastisiteit verbeter, meer stamina, verbeterde sig, en so stroom die beloftes in… noem dit maar!
Volgens daardie modelle is daar niks belangriker as om jonger te lyk en voel nie. “Jy sal meer energie hê om die pas waaraan jy gewoond was, vol te hou” en “smeer net elke dag hierdie roompie aan en kyk hoe plooie verdwyn! “
Die waarheid bly staan, ons word almal ouer en kan nie al die gevolge van veroudering beveg nie. Maar deur God se genade kan ek en jy innerlike skoonheid ontwikkel. Ek kan God se genadige, wyse, vriendelike, saggeaarde en liefdevolle hart in my laat ontwikkel.
Soos dit in Spreuke 4:18 sê: “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is”
Selfs wanneer ons liggame uiterlik verander, kan ons innerlike lewe ryker en voller word. Waarop gaan jy vandag fokus, op uiterlike skoonheid of meer op innerlike skoonheid?
Seëngroete van ROHSA