icon-newsletter

Soos Hy jou liefhet 

 

Die apostel Paulus skryf, “Liefde is lankmoedig”. Ons is geroep om daardie soort Goddelike liefde te bewys. Dit klink makliker as wat dit is om dit in praktyk toe te pas.

  • Soos wanneer iemand in die verkeer nie in hulle baan wil bly nie en voor jou probeer indruk en jy voel jy sal hulle blok en uitdruk.
  • Wanneer iemand anders die bevordering gekry het en jy voel dat dit baie onregverdig is.
  • Of wanneer iemand irriterend gewoontes het, soos om met hulle vingers op die tafel tik terwyl jy met hulle praat.
  • Dalk moet jy al vir drie-en-twintig jaar iemand se neerhalende verkleinerings verdra!

Hoe reageer jy wanneer mense onbeskof is of irriterende gewoontes het? Is jou liefde lankmoedig? Stel ander se belange bo jou eie? Dit is die tipe liefde wat God van ons vra. Hy wil ons harte vul met lankmoedige, geduldige liefde sodat ons aan die wêreld kan wys wie Jesus werklik is. 

Paulus en Timoteus het vir ons gewys mens kan God se standaard uitgeleef. 2 Korintiërs 6:6 “Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.”

Gaan jy saam met my weer probeer?

Seëngroete van ROHSA