icon-newsletter

Soos Eva 

 

Die duiwel het Eva in die tuin van Eden uitgelok om ongehoorsaam te wees aan God, en juis die vrug te eet wat Hy hulle verbied het. Satan het vir haar gesê “Julle sal beslis nie sterf nie. Maar God weet dat die dag wanneer julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan. Dan sal julle word soos God, wat goed en kwaad ken. ”Genesis 3:4

Dit was ‘n leuen want die oomblik wat sy dit geëet het, het sy geestelik blind geword en kon sy nie die waarheid sien nie. Hulle intieme verhouding met God is verbreek, en Eva se sondige natuur is openbaar. 

Die sonde het veroorsaak dat ons selfs van geboorte al geskei is van God. As gevolg van sonde wat skeiding bring, kan ons niks doen wat God vreugde verskaf nie.

Maar hier is die goeie nuus. Jesus het na hierdie aarde toe gekom en die straf vir Eva en  ons sonde op Hom geneem. Deur Sy sondelose lewe, Sy dood aan die kruis en Sy opstanding kan ons van al ons sonde vergewe word. Ons moet net erken dat ons geestelik blind is soos Eva en ons geloof in Christus stel.

Het jy al ooit daaraan gedink hoe baie jy soos Eva is? Hoeveel het jy ‘n Verlosser nodig?

Seëngroete van ROHSA