icon-newsletter

Sonder woorde 

 

Het jy al ooit probeer om jou maat in ‘n meer geestelike persoon te verander? Of dit nou subtiel of ‘n direkte konfrontasie is, wanneer ‘n vrou probeer om hierdie soort “regmaak-dit”-projek aan te pak, is haar fokus op iets waaraan sy niks kan doen nie – haar man se hart. Dit neem haar gedagtes weg van iets waaraan sy wel kan doen—om saam met die Heilige Gees te werk om haar eie hart te verander.

Die apostel Petrus raai vrouens aan om onderdanig te wees, selfs aan ongelowige mans. Dan verduidelik hy in 1 Petrus 3 hoekom: “Net so, vroue, moet julle aan julle eie mans onderdanig wees, sodat, selfs indien sommige aan die woord ongehoorsaam is, ook hulle, sonder ‘n woord, gewen kan word deur die manier waarop julle leef omdat hulle julle rein, eerbiedige leefwyse raaksien”.

Benader jy jou man met knaende woorde en skimpe of met geesvervulde gedrag?

Seëngroete van ROHSA