icon-newsletter

Sonder voorbehoud

 

Bewys jy soms jou liefde aan ander sodat hulle jou ook sal liefhê?

Soos ‘n vrou wat vir haar man sy gunsteling ete kook en dan gesels oor haar planne vir ‘n vakansie.

Nancy het jare gelede hierdie definisie gehoor vir goddelike liefde: “Liefde is om opofferings te maak en van myself te gee sonder om enige iets in ruil te verwag.”

Dink ‘n bietjie oor God die Vader. Hy het ons liefgehad, soos Romeine 5:8 sê: “Maar Christus het gesterf om ons te red toe ons sondaars was.” God het ons Sy allerbeste gegee, Sy enigste Seun. Dit is werklik onvoorwaardelike liefde!

Die vraag is of ons op dieselfde manier liefhet. Liefhê, sonder enige verskuilde behoefte dat ons liefde wederkerig sal wees of beantwoord sal word. Dien ons ander sonder om te verwag dat hulle ons in ruil daarvoor sal liefhê? Ware liefde is om myself totaal te gee, tot iemand anders se voordeel, sonder om iets in ruil terug te verwag,

Kom ons vra God om ons te help om soos Hy lief te hê: sonder voorbehoud.


Seëngroete van ROHSA