Sonde lok ons met die illusie dat dit die deur na vryheid is. Soveel jong mense kan nie wag om hul ouerhuis te verlaat sodat hulle na elke partytjie op kampus kan gaan nie. Dit is mos die tyd vir totale vryheid!
Maar besef ons werklik dat sonde soos ‘n dwelmmiddel is, want mens word verslaaf daaraan. Net soos wanneer iemand verslaaf is aan alkohol en heeltyd daarna smag of daar nou ‘n partytjie is of nie, hulle kan nie ophou om daaraan te dink nie!
Watter soort vryheid is dit om onder die beheer van sondige drange te wees? Ons hedendaagse kultuur bevorder ‘n “dubbel die plesier, sonder enige gevolge” soort lewenstyl. Wat is die resultaat? Ons is slawe van wellus, suiker, vermaak, speelgoed, geraas, aktiwiteite, alkohol, dwelms, luiheid en so kan ons aangaan met die lys. Ons word oorheers deur die einste “plesiertjies” wat ons gedink het ons sou bevry van die swaar van die lewe.
2 Petrus 2:19 Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak, maar die vals leermeesters is self slawe van alles wat sleg en swak is, want wanneer iets jou oorwin het, dan is jy sy slaaf.
Seëngroete van ROHSA