icon-newsletter

Sonde sal jou mislei

 

‘n Vriendin van my vertel hoe sy geskok na ‘n gesprek geluister het, waar haar dogter aan haar maats vertel hou oulik hulle gunsteling sanger is, omdat hy dwarsdeur sy hele vertoning dagga gerook het. Hoe het dit gebeur dat ‘n meisie wat nooit Sondagskool misgeloop het, so kan verander?

Elke keer wat ons toegee aan sonde, verdof dit ons bewustheid van die waarheid. Om iets te doen wat teen jou gewete is, sal jou vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei verswak. Swart begin soos wit lyk, en bo begin soos onder lyk. Stelselmatig raak jy blind vir die erns van sonde.

Romeine 1:21 beskryf ‘n groep mense wat bewus was van God maar nogsteeds gesondig het. “hulle denke het sinloos geword en hulle onverstandige harte is verduister.”

Die beste manier om sinnelose gedagtes en ‘n dwase hart te vermy, is om in die eerste plek “nee” te sê vir sonde. 

As jy vandag voor ’n versoeking te staan kom, sal jy asseblief onthou dat elke sonde ‘n tree in ‘n afwaartse en doodse spiraal is?

 

Seëngroete van ROHSA