‘n Meisie vertel my, sy het gedink as sy en haar kêrel hulle verhouding na ‘n volgende, meer fisiese vlak neem, hulle nader aan mekaar sal wees. Maar om saam te slaap het vir hulle net probleme veroorsaak, baie probleme!
Al weet ons dis ‘n verkeerde keuse, dink ons soms dat dit die enigste manier is hoe ons gelukkig kan wees… maar sonde beloon ons nooit met dit wat ons verwag die uitkoms gaan wees nie. Hebreërs 11:25 verwys hierna as “kortstondige genot van sonde.”
Ons almal weet hoe dit is om ons te verlustig aan vleeslike sonde, terwyl ons hoop vir een of ander verligting of opwinding. Wanneer die opwinding verby is, kyk ons nie terug en sê “Sjoe, dit was alles die moeite werd nie.” Wanneer ons eerlik is, sal ons eerder sê “Daardie genot was verseker nie die prys werd vir wat ek nou daarvoor moet betaal nie.”
Sondige plesier hou eenvoudig nie, en ons moet dit onthou, elke keer wanneer ons voor ‘n versoeking te staan kom. Vertrou daarom eerder God se Woord wanneer Hy belowe om getrouheid te beloon. Matteus 16:24-25 As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.
Seëngroete van ROHSA