icon-newsletter

So wat daarvan?  

 

Ek ken ‘n pastoor wat sy boodskappe begin deur ‘n Skrifgedeelte te lees en dan te verduidelik wat dit beteken. Dan sê hy: “Dis die wat. Nou is die vraag, “So wat daarvan?” Hierdie pastoor wil nie hê die mense moet net hoor wat die gedeelte in die Woord sê nie. Hy wil hê hulle moet dit op hulle eie lewens toepas, hulle moet dit verpersoonlik.

God sê dieselfde in Esegiël 33:31 “Hulle kom en luister ewe vroom na jou prediking, maar hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Met hulle monde bely hulle liefde, maar hulle harte is net agter geld aan. Jy vermaak hulle soos iemand wat liefdesliedjies met ’n mooi stem sing of goeie musiek maak. Hulle hoor wat jy sê, maar doen dit nie!”

Wanneer ons God se Woord lees, kan ons onsself hierdie drie vrae afvra om ons te help met die “so wat daarvan?”:

 

  • Hoe is hierdie waarheid van toepassing op my eie lewe en situasie?
  • Op grond van hierdie waarheid, watter veranderinge moet ek maak?
  • Watter praktiese stappe kan ek neem om hierdie waarheid in my lewe toe te pas?

Ek hoop hierdie help jou ook om dit wat jy in die Woord lees, deel te maak van jou eie lewe. Pas hierdie laaste stap toe en jy sal beleef dat dit wat jy lees lewendig word.

Seëngroete van ROHSA