Het jy al getel hoeveel kerke daar in jou area is? In ons land het ons die voorreg dat daar om elke hoek of draai ‘n kerk gebou is. Maar die misdaadsyfers gaan net op en op; en ons gemeenskappe kripeer van maatskaplike en sosiale probleme. Hoekom is dit die geval? Is dit omdat daar so min van God teenwoordigheid in Sy kerk te vinde is?
Die profeet Jesaja het besef dat sy nasie desperaat ‘n geestelike herlewing nodig het, daarom het hy by God gepleit om sy volk te besoek. In Jesaja 64:1 sê hy: “As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal – die berge sal bewe van u teenwoordigheid..” Sal dit nie wonderlik wees as God dit in ons dag wou doen nie!
Bid asseblief saam met my. “Here, skeur asseblief die hemel oop en kom af. Mag ons berge van trots en sonde bewe voor U teenwoordigheid. Kom besoek U kerk, Here. Asseblief Here, doen dit vir U eer, amen.”
Seëngroete van ROHSA