icon-newsletter

Sing vir die Here

 

Het jy al vanoggend gesing? Ons is gewoond daaraan om by die kerk te sing. Maar vir baie mense voel dit dalk vreemd om gedurende ‘n tipiese dag te sing. Die Bybel praat van die krag wat daaruit kom, om lofsang tot God te sing. Net in die Psalms alleen is daar 68 verwysings na sang tot eer van die Here.

Indie ou dae het ons ‘n gesangboek of ‘n liedboek gehad. Nancy sê sy is gladnie ‘n groot sanger nie, maar sy het daarvan gehou om die boekie in te pak wanneer sy gereis het, om vir die Here te kon sing. Deesdae is die liedjies op ons fone, wat dit nog makliker maak om vir Hom te kan sing.

Ek dink terug aan die kere wat dit gevoel het of daar ‘n donker wolk oor my gemoed hang. Maar wanneer ek tot eer van die Here gesing het – soms met ’n bewende stem en my oë vol trane – so seker het die wolk gelig en die sonlig van God se vrede ingestroom.

Moenie skaam wees nie, probeer vandag om vir die Here te sing! “Sing met julle hele hart vir die Here. Moenie vergeet om altyd vir God, die Vader, baie dankie te sê vir alles nie. Doen dit omdat julle aan Jesus Christus behoort en Hy julle in staat gestel het om dit te doen.” Efesiërs 5:19-20

Seëngroete van ROHSA