icon-newsletter

Sing oud en modern

 

Ek vind dat beide gesange en moderne refreine waarde het. Baie van die herhalende, eenvoudige refreine wat ons vandag sing, is betekenisvolle uitdrukkings van liefde vir die Here.

Tog is daar soveel gesange wat deur die geskiedenis van die kerk saam met ons gekom het, wat baie ryk is aan teologie. Hulle kommunikeer met ‘n diepte wat ons nie altyd in kontemporêre refreine sien nie. Noem my maar ou tyds, maar ek dink om die ou lofsange te vergeet, lei ons na ‘n vlak, emosioneel-gedrewe aanbiddings styl.

Efesiers 5:19 spreek van ‘n balans: “Inteendeel: Word vervul deur die Gees, terwyl julle onder mekaar psalms, lofgesange en geestelike liedere laat opklink, ja, van harte tot die Here sing en psalmsing, en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus dank.”

Dit verg dalk meer moeite om Gesang of Liedboek 200 se “U goedheid Heer kan ons nie peil nie” se verskillende verse, te sing. Maar die loon om ons verstand te dissiplineer om so gefokus oor God te dink, is beslis steeds die moeite en eerbied werd.

Seëngroete van ROHSA