icon-newsletter

Siel, Gees en Liggaam

 

Toe Nancy 12 jaar oud was het sy vir ‘n jaar lank amper elke dag gehuil – sonder enige werklike rede. Sy kan vandag verstaan dat haar liggaam toe deur baie veranderinge gegaan het, maar sy besef ook dat daardie veranderinge geen verskoning was vir buierigheid of disrespek nie.

Ons is geneig om verskonings te soek vir ons sonde. Miskien kan jy jouself daarmee vereenselwig. As vrouens kan ons maklik verskoning soek vir ons negatiewe buie deur ons maandelikse kalender, swangerskap of menopouse die skuld te gee.

As vrouens gaan ons deur verskillende seisoene wat emosioneel en fisies moeilik kan wees. Maar hierdie vers in         1 Tessalonisense 5:23  is in elke seisoen van ons lewens en elke maand  van toepassing. 

“Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!

Seëngroete ROHSA