icon-newsletter

Seun van God 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Sommige mense besef nie dat Jesus meer as net ‘n goeie leermeester is wat lank lank gelede geleef het nie.

Het jy geweet dat daar in die Nuwe Testament sewe-en-veertig keer na Jesus verwys word as die “Seun van God”? God die Vader het verklaar dat Jesus “Sy geliefde Seun” is. Selfs demone het Hom as die Seun van God herken. Markus 3:11 “En die onrein geeste het elke keer wanneer hulle Hom sien, voor Hom neergeval en hard geskree: “U is die Seun van God!”

Hierdie naam vir Christus, “Seun van God”, is van kardinale belang, want soos Hebreërs 1:3 sê: “Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep. Hy is die uitstraling van God se heerlikheid,
en die ewebeeld van sy wese.” Dit beteken dat Jesus elke eienskap van God met die Vader deel.

Deur Sy Seun kan ons die wil van God, die gedagtes van God en die hart van God ken. Dit is alles moontlik omdat Jesus Sy Vader se wil volkome vertrou het en absoluut gehoorsaam aan Hom was.

Glo jy dat Jesus die Seun van God is? Bring dit vir jou vreugde om die Vader se wil te volg, soos Jesus gedoen het?

 

Seën groete van ROHSA