icon-newsletter

Seun van die mens 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Het jy al ooit daaroor gewonder of Jesus ‘n gunsteling titel gehad het, om na Homself te verwys? Jesus word meer as tagtig keer in die Evangelies die “Seun van die Mens” genoem, en meestal is dit hoe Hy na Homself verwys het.

Dink daaraan: Jesus – ten volle God, die allerhoogste Koning van die heelal – het gekies om Homself die Seun … van die Mens te noem! Dis totaal die teenoorgestelde van meeste mense se ingesteldheid. Hoe anders is ons van Hom! Ons wil gewoonlik hê mense moet ons assosieer met ons mees indrukwekkende titel, maar Jesus het altyd die nederige uitkoms gekies.

“Seun van die Mens” herinner ons aan Sy menslikheid. Hy het ‘n fisiese liggaam gehad. Hy het honger, moegheid, hartseer en versoeking ervaar. Jesus het o.a. hierdie term in Mattheus 8:20 gebruik: “En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.”

Die mooiste van alles is dat die Seun van God, die Seun van die Mens geword het, sodat ons as kinders van mense, ook kinders van God kan word.

Ek is seker jy wil Jesus nou ook net dank en prys, dat Hy hierdie titel, die Seun van die Mens, so onvoorwaardelik omhels het.

 

Seën groete van ROHSA