‘n Vrou het onlangs by ‘n troue na my toe gekom en gesê: “Jy het my huwelik gered!” Sy het blykbaar sewentien jaar tevore my raad gevra, oor haar man wat geen belangstelling in geestelike dinge getoon het nie. Ek het destyds vir haar gesê: “Dit is nie jou verantwoordelikheid om jou man te verander nie; dit is God se verantwoordelikheid. Vertel vir jou man wat op jou hart is en trek dan terug en laat God die res doen.”
Vir sestien lang jare het hierdie vrou gebid en gewag, sonder om enige bewys te sien dat God haar gebede beantwoord. Toe het die Heilige Gees skielik eendag die lig aangeskakel en ‘n dramatiese verandering in haar man teweeg gebring.
Hy kon nie genoeg van die Woord kry nie, hy het vroeg begin opstaan en oral aantekeninge maak. Hy het selfs daarvan gepraat om sy besigheid te verkoop en so doende meer tyd in die bediening deur te bring.
Is daar dinge van jou huweliksmaat wat jy wens anders was? Onthou, dit is God se verantwoordelikheid om hom te verander– nie joune nie. Klaagliedere 3:25 sê “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here”
Seëngroete van ROHSA