icon-newsletter

Sestien lang jare

Nancy het vriende se troue bygewoon toe ‘n vrou haar voorkeer en kliphard sê: “Jy het my huwelik gered!” Sy het verduidelik dat sy sewentien jaar tevore Nancy se raad gevra het oor haar man, wie geen belangstelling in geestelike dinge getoon het nie. Nancy het destyds vir haar gesê: “Dit is nie jou verantwoordelikheid om jou man te verander nie; dit is God se verantwoordelikheid. Vertel vir jou man wat op jou hart is en tree dan terug sodat God die res kan doen.”

Vir sestien baie lang jare het hierdie vrou gebid en gewag, sonder om enige bewyse te sien dat God haar gebede hoor. Toe skielik, kon die Heilige Gees eendag die lig in sy hart aanskakel en ‘n dramatiese verandering in haar man teweeg bring. Filipense 2:13 het waar geword in sy lewe – “want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

Haar man kon nie genoeg van die Woord inkry nie, hy het vroeg opstaan en baie aantekeninge maak. Hy het selfs daarvan begin gepraat om sy besigheid te verkoop en meer tyd in bediening te spandeer.

Is daar dinge wat jy wens anders was? Onthou, dit is God se verantwoordelikheid – nie joune nie – om mense te verander. Wag op die Here en kyk wat Hy doen.

Seëngroete van ROHSA