icon-newsletter

Selfondersoek 

 

Het jy al besef dat ons aangemoedig word om heilig-afgesonder te wees wanneer ons nagmaal gebruik? Nancy onthou een Sondag toe sy by die kerk aangekom het en besef het dat hulle nagmaal gaan vier. Terwyl sy gaan sit het, het God haar herinner aan ‘n situasie. Dit was nie ‘n groot kwessie nie, maar sy het besef dat die manier waarop sy dit hanteer het, een van die senior lede van die kerk kon affronteer het.

Voordat sy nagmaal gebruik het, wou sy seker maak dat haar gewete skoon was. 1 Kor 11:28 sê: “Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink.” Dit gee ons ‘n gereelde geleentheid om te verseker dat ons gewete skoon is – voor God en ander.

Sy het die man gaan soek wat sy benadeel het en die saak reggestel. Sy kon toe deelneem aan die nagmaal sonder enige hindernisse tussen haar en God of enige ander gelowiges.

Is daar enige struikelblokke tussen jou en iemand anders? Jy hoef nie te wag tot jy in die kerk sit voor nagmaal bedien word nie. Jy kan vandag die saak regstel.

Seëngroete van ROHSA