icon-newsletter

Seer en kwaad 

Wanneer ons seer gekry het, is dit vir die mens natuurlik om kwaad te bly. Dit gebeur maklik.

Dalk krap dit jou steeds om, wanneer jy terugdink aan wat jou baas jare gelede aan jou gedoen het. Jy kan dit net nie uit jou gedagtes kry nie, eintlik moet jy erken dat dit steeds kwaad maak.

Maar God se liefde is bo-natuurlik. Ons sonde het Hom verseker diep seer gemaak, maar luister na hierdie woorde uit Miga 7:18–19: “Wie is ‘n God soos U? U is ‘n God wat skuld vergewe, wat by die oortreding verby gaan tot voordeel van die oorblyfsel van sy eiendom, wat nie vir altyd vasklem aan sy toorn nie, maar wat vreugde vind in troue liefde, wat ons weer genadig sal wees, ons skuld sal vertrap. U sal al ons sondes in die dieptes van die see gooi.”

Sjoe! Wanneer ek daaraan dink, oor hoeveel God my vergewe het, hoe kan ek weier om ander te vergewe?

Staan vandag bietjie stil by hierdie gedagte, spandeer tyd daaraan, om aan die wonderlike vergifnis van God te dink.

 

Seëngroete van ROHSA