icon-newsletter

Ryk aan genade 

 

In en om ons is daar soveel stemme : 

  • “ Ek hou nie daarvan om eers aan daardie argumente te dink nie. . . dit is oor en verby, daardie mense is agter my.”
  • “Is jy bereid om hulle te vergewe . . . almal van hulle?”
  • “Daar is nie ‘n manier dat ek die dinge wat hy gesê het, kan vergewe nie.”

Soms lyk vergifnis totaal onmoontlik—totdat ons besef wat die Bybel oor God se vergifnis sê.

“Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!” (Efesiers. 2:4–5).

Om daaroor na te dink en te besef waarvoor God ons alles vergewe het, sal die manier waarop ons ander mense se sonde sien, verseker verander.

 “Nee, jy het My met jou sondes belas, My met jou sondeskuld vermoei. Ek, ja, Ek is die Een wat ter wille van Myself jou oortredings telkens uitgewis het, jou sondes nie in herinnering geroep het nie.” (Jesaja 43:25).

Spandeer tyd daaraan om te dink, hoeveel jou sonde God aanstoot gee en die ongelooflike vergifnis wat Hy bied. Dit sal dit makliker maak om diegene te vergewe wat jou seergemaak het.

Seëngroete van ROHSA