Wat sou gebeur as jy rond en bont enige items uit jou yskas haal vir middagete? Jy sal waarskynlik ‘n vreemde toebroodjie met konfyt, mostert, tamaties en room hê.
So laf soos dit ookal klink, kan ons dieselfde benadering hê wanneer ons Bybel lees. Wanneer ons gedeeltes van die Skrif uit konteks lees, kan ons die werklike betekenis heeltemal mis. Ons moet die Bybel sistematies lees sodat verse sin maak in die lig van hoofstukke. Hoofstukke maak sin in die lig van ‘n hele boek.
As jy nie in die gewoonte is om sistematies deur ‘n deel van die Skrif te lees nie, kan ek jou bemoedig om een boek in die Bybel te kies. Lees dit deur om die groter prentjie te verstaan. Bestudeer dit dan versigtig en koester die fyner detail wat jy leer.
2 Tim 3: 16: “ Die hele Woord is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.
Seëngroete ROHSA