icon-newsletter

Rond en bont 

Wat sou gebeur as jy rond en bont enige items uit jou yskas saamflans vir middagete? Jy sal waarskynlik ‘n vreemde toebroodjie met konfyt, mostert, tamaties en room hê.

So laf soos dit ookal klink, kan ons dieselfde benadering hê wanneer dit by Bybel lees kom. Wanneer ons gedeeltes van die Skrif uit konteks lees, gaan ons die werklike betekenis daarvan heeltemal mis. Ons moet die Bybel sistematies lees sodat verse sin maak in die lig van hoofstukke. Hoofstukke maak sin in die lig van ‘n hele boek.

As jy nie in die gewoonte is om sistematies deur ‘n deel van die Skrif te lees nie, kan ek jou bemoedig om een boek in die Bybel te kies. Lees dit eerstens deur om die groter prentjie te verstaan. Bestudeer dit dan versigtig en koester die fyner detail wat jy leer.

2 Tim 3:16: “Die hele Woord is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.”

Seëngroete van ROHSA