icon-newsletter

Respek in die werksplek 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

‘n Vriendin van my beskryf hoe sy was voordat sy Christus leer ken het.
Ek moet ongelukkig erken ek is beloon vir my selfsugtige ambisie, om selfgeldend wees, en selfs daarvoor om aggressief in onderhandelinge te wees. Ek het soms terugvoer ontvang oor hoe intimiderend ek kon wees as gevolg van die sterkte van my opinie en hoe verbaal ek kon wees om daardie opinie uit te druk.

Maar toe God haar lewensbesluite kon oorneem, het sy begin verander. Sy het steeds haar talente ten volle gebruik, maar sy moes leer hoe om dit op ‘n goddelik vroulike manier te gebruik.

Selfs in ‘n dinamiese werksomgewing kan ‘n vrou leer om God te verheerlik deur haar manlike kollegas se leierskap aan te moedig en almal met respek te behandel. Jy kan steeds ‘n opinie, jou idee of selfs raad in ‘n situasie gee, maar jy kan dit doen sonder om neerhalend of voortvarend te wees.

In Johnnes 7: 38 lees ons “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Terwyl jy God se roeping op jou lewe as ‘n vrou nastreef, doen jy dit op ‘n goddelike manier?

 

Seën groete van ROHSA