icon-newsletter

Redelike diens

 

As ek nou heeltemal eerlik moet wees, dan moet ek erken dat daar tye is wat ek voel dat dit wat God nou van my verwag, heeltemal onredelik is.

Dit kan dalk wees dat ek aan die einde van ‘n besige dag na ‘n veeleisende vriendin se storie moet luister, terwyl ek regtig nie die tyd of energie daarvoor het nie. Of dalk om die grootste deel van my naweek te spandeer om my werk op datum te probeer kry.

Wat die geval ook al mag wees, ek moet myself dan aan Paulus se woorde in Romeine 12 herinner: “EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.”

Die Griekse woord wat hier vir “redelike” gebruik word, is waar die woord “logies” van afkomstig is. Omdat God vir ons soveel gegee het, is dit net logies dat ons onsself aan Hom sal oorgee. Wanneer jy weer voel dat dit wat God van jou verwag onredelik is, onthou dan Christus se opoffering aan die kruis. Wanneer jy daaraan dink, sal dit jou ook inspireer om meer van jouself te gee.

Seëngroete van ROHSA