icon-newsletter

Rebellie in die woestyn 

 

Besef jy ons kan ons swaarkry verleng deur ons reaksie daarop? Ek het een keer met ‘n vrou gesels wat met kroniese depressie en selfmoordneigings geleef het. Sy het gesê, “Ek besef nou dat al daardie jare van swaarkry spruit uit my eie rebellie teen God toe ek deur ‘n woestyn in my lewe geloop het.”  

Dit herinner my aan Psalm 68:7 waar dit sê God “lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ‘n kaal woestyn.”

As jy ontmoedig en depressief voel, is dit nie noodwendig oor iets wat jy verkeerd gedoen het nie. God is dalk besig met voorbereiding, om jou na oorvloed te lei. 

Die manier waarop jy die krisis hanteer kan dalk nog jare se swerwing te weeg bring. Moet dus nie langer in die woestyn bly as wat nodig is nie. As jy nou in ‘n woestyn is, laat toe dat God jou daardeur lei. Vertrou Hom om jou op Sy manier en op Sy tyd daaruit te lei. 

Seëngroete van ROHSA