icon-newsletter

Reageer goed 

 

Die Bybel leer ons wat die regte manier is om te reageer wanneer iemand ons seergemaak het. Byvoorbeeld Lukas 6:27-28 sê  “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat. Seën die mense wat julle vervloek. Bid vir diegene wat julle sleg behandel.” Ja, dis die manier hoe God wil hê ons moet reageer wanneer iemand onbeskof teenoor ons is.

Daarom, omdat julle God se uitverkore heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. Kolossense 3:12-13

Kan jy iemand ‘n bietjie van haar eie medisyne terug gee? Romeine 12:17 het die antwoord: “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie… maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.”

Vandag gaan iemand ons in alle waarskynlikheid seermaak, irriteer of verontrief. Die vraag is: Gaan ek en jy goddelik reageer met geduld en vergifnis?

Seëngroete van ROHSA