icon-newsletter

Prysgegee 

 

Filippense 2:5-7 “Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee; Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword..”

Het jy al probeer om jou posisie of outoriteit te gebruik om jou sin te kry? Jesus het nie vasgeklou aan Sy regte as God of gespog oor wie Hy was nie. Dink aan al die kere in die Evangelies toe mense Hom nie verstaan, herken of gerespekteer het nie. Maar Hy het nooit Sy posisie gebruik om hulle te oorweldig nie, want Hy het gekom om lief te hê en te dien.

As ons soos Jesus wil wees, moet ons onthou wat 1 Korintiërs 13 sê: “liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie.”

Misbruik jy jou posisie of gebruik jy dit om Christus se karakter te weerspieël en liefde te bewys?